Pangea

’n Kaart van Pangea, met die moderne kontinente daarop aangedui.

Pangea of Pangaea was ’n superkontinent wat sowat 300 miljoen jaar gelede tydens die Laat Paleosoïese en die Vroeë Mesosoïese Era bestaan het.[1] Dit het sowat 200 miljoen jaar gelede verbrokkel.[2] Die enkele oseaan wat dit omring het, word Panthalassa genoem.

Die naam Pangea is afgelei van die Griekse pan (πᾶν, "hele") en Gaia (Γαῖα, "Aarde" of "Moederaarde").[3]

  1. Lovett, Richard A. (5 September 2008). "Supercontinent Pangaea Pushed, Not Sucked, Into Place" (in Engels). National Geographic News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2017.
  2. Plate Tectonics and Crustal Evolution, Third Ed., 1989, by Kent C. Condie, Pergamon Press
  3. "Pangaea" (in Engels). Online Etymology Dictionary. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2005. Besoek op 15 Februarie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search